_________________________________________________________________________________

Eindtyd Bulletin

DIE MERKWAARDIGE VERVULLING VAN DIE BYBEL IN ONS TYD

NO. 51 SEPTEMBER 2001

" … aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan."

Jer. 23:20

______________________________________________________________________________________

 

INHOUD

 

Oorlog in Israel ! 5 Fases ! Een geldeenheid ! Menseverering

Evolusie leer ! Antichris ! Woord in Nuus

 

 

OORLOG IN ISRAEL

In die vorige uitgawe het ek kortliks genoem dat Israel op verskillende tye in hulle geskiedenis in die maand van Januarie aangeval is. Daar was egter nie vier nie, maar drie bekende geleenthede waar dit gebeur het.

Die datum van die eerste een is wel vier keer in die Bybel opgeteken en dit was die een waar die eertydse koning van Babel, Nebukadnesar, by betrokke was. Hierdie inval het plaasgevind in Januarie 588 v.C. Die vier plekke in die Skrif waar hierdie datum dit vir ons opgeteken staan, is:

2 Kon. 25:1; Jer. 39:1; Jer. 52:4 en Eseg. 24:1,2 – dit was dus ‘n baie belangrike datum gewees. Ons weet dat Bybelse profesieë in siklusse beweeg en dat ‘n eerste vervulling gewoonlik later weer herhaal word op ‘n soortgelyke wyse tot by die laaste klimaktiese vervulling van daardie profesie aan die einde van die dae. Duidelik leef ons in daardie tyd.

In Januarie 1948 het die Israeliese oorlog van onafhanklikheid gewoed en op die 7de van daardie maand is dit beëindig met ‘n skietstilstand. In Mei van daardie jaar, met Israel se staatwording, het die Arabiese nasies egter weer ‘n groot aanval op die Joodse volk gedoen.

Die ander bekende Januarie geval was natuurlik in 1991 toe Saddam Hussein begin het met sy Scud missiel aanvalle op Israel. Dit was ‘n uitvloeisel van die Golfoorlog waarin Koeweit deur Irak binnegeval is.

Hoe dit ookal sy, die huidige situasie in die Midde-Ooste lyk byna gereed vir nog ‘n groot oorlog waarin veel meer as net die Palestyne by betrokke mag wees. Daar is ook heelwat ander wat hierdie beskouing huldig.

 

RUSLAND VOORSPEL OORLOG IN MIDDE-OOSTE

Die World Tribune van 14 Augustus 2001 het hieroor berig:

"Russian defense officials and strategists project that an Arab-Israeli war could erupt in the Middle East over the next three to six months. The widely-held scenario described a war that would engulf Iraq, Jordan, Lebanon and Syria, according to Middle East Newsline. The officials and strategists said Egypt could be swept into such a conflict.

We are moving inexorably toward a war,’ a senior Russian diplomat said. ‘Russia has tried and the United States has tried to stop this, but to no avail.’

Russian strategist Yevgeney Stanovsky agreed. Stanovsky, head of the Moscow-based Middle East Institute said a regional war is inevitable in wake of the failure of international efforts to implement a ceasefire.

The trigger for the war could take place in September. The Russian analysts expect an Israeli offensive against the Palestinian Authority triggered by Palestinian bombings of Israeli cities. Such an offensive, they said, could prompt Egypt to direct its Third Army to enter the Sinai…"

Wat is die kanse dat Rusland dalk self hierby betrokke kan wees en dat die profesie in Eseg. 38 tot ‘n skielike vervulling kan kom? Nie net Rusland verwag so ‘n oorlog nie, maar ook die Israeliese weermag self.

 

 

ISRAEL VERWAG OORLOG IN 2002

Die nuusagentskap, Middle East Newsline, het op 5 Augustus 2001 soos volg berig:

"Israeli sources said military intelligence has drafted a report that warns of the increasing likelihood of regional war in 2002. The report said the war could be sparked by either an Israeli offensive against the Palestinian Authority or an escalation in tension along Israel's border with Lebanon.

The report, according to the sources, asserts that Palestinian Authority Chairman Yasser Arafat maintains control over his people and the war against Israel. Arafat, the report said, plans to continue the 10-month-old war until he achieves significant political gains.

It was the first time that a military report raised the likelihood of war over the next year. Earlier assessments by military intelligence maintained that such countries as Egypt and Jordan would seek to halt Arab plans for war…"

____________________________________

 

 

DIE ‘NEW JERUSALEM COVENANT’ PROJEK

In Augustus 1991, presies 10 jaar gelede, het David Bay van Cutting Edge (‘n Bybelprofetiese nuusdiens) ‘n eienaardige vergadering bygewoon.

Dit was ‘n seminaar van ‘n Teosofiese vereniging in Amerika. Hulle glo nie in die God van die Bybel nie, maar het hulle eie agenda vir die wêreld. Dit is ook nie net hulle agenda nie, maar ‘n groot globale plan wat al vir baie jare op die tafel is. Hy skryf dat die byeenkoms 5 fases van ‘n sg. ‘New Jerusalem Covenant’ uitgestippel het voordat die mense uiteindelik die ‘nuwe Christus’ vir die wêreld sal aanvaar. Dit was tien jaar gelede. Die merkwaardige is dat ons nou reeds fase 2 van die plan bereik het.

Die stad Jerusalem lê in die sentrum van die hele beplande agenda, omdat die meeste mense blykbaar so iets sou verwag, word gesê.

Die 5 fases lyk soos volg:

1. Drie groot internasionale konferensies oor die toekoms van die wêreld moet gelyktydig plaasvind – ‘n politieke, ekonomiese en godsdiens beraad. Hierdie het reeds gebeur.

Vanaf 28 Augustus 2000 tot 10 September 2000 is drie groot konferensies by die Verenigde Nasies se hoofkwartier in New York gehou. Ons het verlede jaar daaroor berig. Dit het begin met die groot godsdiens beraad en is opgevolg met die VN se Millennium Beraad en die ‘State of the World Forum.’

2. Dreigemente van oorlog moet hierna voortduur totdat die verlangde veranderinge op die wêreldfront in plek is.

Hierdie fase is reeds aan die gang. Op 29 September 2000 (nie lank na die vorige fase nie) het groot konflik in Israel ontstaan tussen die Palestyne en Israel. Dit het intussen nog hewiger geword en ‘n groot oorlog lyk naby.

3. ‘n Gesamentlike gebou of tempel moet in Jeruslem opgerig word waar Jode, Moslems en ‘Christene’ saam sal kan aanbid.

4. Die Pous sal dan die ‘geestelike’ sentrum besoek en verklaar dat alle godsdienste dieselfde god aanbid. Hierna sal daar ‘vrede’ in die Midde-Ooste en die wêreld wees.

5. Die nuwe wêreld orde kry nou finaal sy beslag en die ‘Christus’ maak sy verskyning op die wêreldtoneel (en dit sal heelwat toneelspel insluit).

Net die tyd sal ons leer of hierdie 5 fases op hierdie wyse in vervulling sal gaan. Een ding is seker – dit pas volmaak in by wat die Bybel voorspel het oor die laaste dae.

____________________________________

 

 

EEN GELDEENHEID

VIR AFRIKA

 

‘n Raamwerk vir een geldeenheid vir die hele kontinent van Afrika is onlangs bekend gemaak. Op 16 Augustus 2001 het die presidente van al 29 sentrale banke in Afrika in Johannesburg byeengekom om hieroor te beraadslaag.

Die voorbeeld van Europa word nou slaafs nagevolg. Daar het die Europese Unie reeds in 1999 hulle enkelgeldeenheid, die Euro, in gebruik geneem.

In ‘n berig in Sake Volksblad van 17 Augustus 2001, is dit duidelik dat die onlangs gestigte Afrika Unie baie planne vir Afrika het en dat alles teen ‘n verbasend vinnige tempo gebeur.

Die plan is dat daar ‘n enkel sentrale bank vir die hele Afrika tot stand sal kom net soos wat dit in Europa reeds ook die geval is.

Volgens die raamwerk waarop besluit is, behoort Afrika al tussen 2015 en 2021 net een sentrale bank te hê met net een geldstelsel vir al sy lande. Daar word verder beplan, anders as in Europa, dat al die Afrika lande gelyktydig deel sal word van die nuwe sisteem.

Hierdie mag na wonderlike nuwe verwikkelings lyk, maar dit sal net beteken dat al hoe meer beheer oor elke individu aan die orde van die dag sal wees. Die kans vir ‘n diktatorskap word so ook al hoe groter.

Ons leef voorwaar in eindtye en elkeen wat dit nie kan raaksien nie, het Christus baie nodig en ook die salf van die Heilige Gees.

____________________________________

 

 

MENSEVERERING:

EPIDEMIE VAN ONS TYD

"Vervloek is die man wat op die mens vertrou" Jer. 17:5

Vandag, seker meer as ooit tevore, word die mens verhoog, vereer en selfs aanbid. Hier praat ons nie eers van Hindoe ghurus en ander menslike ‘gode’ soos o.a. die Dalai Lama nie. Nee, hiermee word bedoel ‘gewone’ mense wat net eenvoudig deur talle ander slaafs en absoluut betowerd aangehang word en wie se voorbeeld onbeskaamd en onnadenkend nagevolg word.

Ons vind hierdie tendens veral in die sportwêreld, die wêreld van die ‘kunste’ (wat vandag byna enigiets kan insluit), die wêreld van die politiek en omtrent in elke ander sfeer van die samelewing.

As ‘n mens net dink hoedat sportkommentators vir ure aanmekaar ‘n man of vrou se prestasies kan besing en hoe hulle die hoogste lof denkbaar toegeswaai word, dan skrik ‘n mens eintlik vir die gevaar wat so iets kan inhou. Waar gaan dit eindig?

Mense hou nou maar eenmaal daarvan om ander mense dop te hou, hulle aan te prys en te verafgod. Hy hou daarvan om iemand wat soos hy is op te hemel en te verheerlik en beskryf graag iemand wat hy baie bewonder as ‘die beste een wat ooit geleef het.’

Dieselfde tendens vind ons ook in die godsdiens – ook in die Christelike godsdiens en dan juis ook in die wêreld van die teologie. Terwyl ons God se onfeilbare Woord in ons midde het, word daar veel meer waarde geheg aan die woorde van mense en aan hulle boeke en hulle sienings. Selfs ‘groot’ predikers het al geval en baie se geloof ‘n groot knak gegee. Die mens wil nie God net so op sy Woord neem nie, nee, hy soek ‘n ander mens om God se Woord vir hom te interpreteer – veral soos hy dit graag sou wou hoor. In 2 Tim. 4:3 lees ons juis dat so ‘n tyd sou aanbreek waar mense vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel om hulle in die gehoor te streel. Die mens vereer veel eerder ‘n ander mens as om die lewende God te vereer en Hom te prys.

In Rom. 1:25 het ons alreeds die waarskuwing in die verband gehad: "hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid."

In die geskiedenis van Israel was dit ook deurgaans die tendens gewees. Die volk wou telkens hê dat Moses alleen moes gaan hoor wat God sê. Hy moes dan maar weer vir hulle die boodskap bring. Nadat die wet aan hulle gegee was, in Ex. 20:19, lees ons: "En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons."

Die mens wat in sonde bly voortleef, wil nie direk met God praat nie. So ‘n persoon sal veel eerder luister na wat 'n ander mens omtrent ‘n saak te sê het, maar van God self (deur sy Woord) wil hy dit nie hoor nie. So iemand sal ook nooit werklik een wees wat ernstige tye van gebed hoog sal aanslaan nie. Die vraag is eintlik of so ‘n persoon, wat graag mense vereer, al waarlik die Here ontmoet het. Hoekom sou hy dan nie eerder die opgestane Christus met sy lewe wou vereer nie? Hy wil nie op die berg van die Here klim nie, want hy is nie rein van hande en suiwer van hart nie. Dus nog nie gewas in die bloed van die Lam nie.

‘n Ander saak wat nou aansluit by die verering van mense eerder as die opregte verering van die Skeppergod en Verlosser, is die saak van vleitaal. Die Bybel waarsku herhaaldelik dat ons nie ander moet vlei met mooi woorde nie. Baie Christene selfs, weet nie wat die Skrif leer oor vleitaal nie. Kyk na die volgende voorbeelde (daar is baie meer):

"Ek wil nie partydig wees nie; en ‘n mens vlei, sal ek nie." (Job 32:21).

"’n Man wat sy naaste vlei, sprei ‘n net uit voor sy voetstappe." (Spr. 29:5).

"Hy wat ‘n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei." (Spr. 28:23).

Menseverering en vleitaal is geen ligtelike kwessie nie. Hierdie is ‘n baie ernstige saak waar ons tog deeglik aan aandag moet gee. Op ‘n dag, moontlik veel nader as wat ons mag reken, gaan ‘n man op hierdie aarde opstaan wat die hele wêreld agter hom aan sal vlei en verlei. Die Bybel noem hom die Antichris ! Voor en na hom sal daar niemand wees wat so geprys en so vereer sal word soos hy nie. Die meeste mense op aarde sal dan al goed geoefen wees in hierdie kuns van menseverering !

In die Woord, in die vers wat presies in die middel van die Bybel gevind word, lees ons die volgende kernbelangrike woorde:

"Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou." (Ps. 118:8).

Dit is ook die sentrale boodskap van die hele Bybel, want Jesus Christus is die HERE !

____________________________________

 

 

EVOLUSIE LEER:

BASIS VAN BAIE EUWELS

 

Die evolusie leer is goed bekend by die meeste mense en daar is weinig wat nie reeds groot dele van hierdie leuen gesluk het nie. Universiteite, skole en selfs teologiese seminariums is op die voorpunt in hulle verkondiging en verspreiding van hierdie ideologie. Eintlik het dit al opsigself ‘n godsdiens geword. Baie probeer om dit op een of ander wyse met die Bybel te versoen of om dit darem so ‘n Christelike kleur te gee en daardeur word nog talle verder mislei.

In Rom. 1 vind ons ‘n groot en duidelike waarskuwing oor hierdie spesifieke saak.

Ons lees in Rom. 1:20 dat niemand ooit enige verontskuldiging sal hê teenoor God nie, want sy onsigbare dinge kan alreeds van die skepping van die wêreld af verstaan word. Die probleem kom nou egter as mense nie glo dat God die aarde en alles daarop geskape het nie, m.a.w. as hulle op hierdie punt deur die Satan verblind en mislei is.

Net die volgende vers van Rom. 1, nl. vers 21, verklaar baie duidelik dat "alhoewel hulle God geken het" (m.a.w. almal ken God op een of ander wyse) het hulle "Hom nie as God verheerlik of gedank nie". Hier lê die hoofsaak. As ‘n mens God nie eer, verheerlik en dank nie, misken jy Hom en sy toorn sal oor jou ontvlam.

Dink net hoe moet God voel, dat nadat Hy alles gemaak het en elke dag alles op hierdie aarde en in die heelal onderhou en waar Hy selfs die asem van die mens in sy hand hou, word Hy deur sy eie skepsele (nogal die kroon daarvan) so misken asof Hy nie bestaan nie ! ‘n Mens kan jouself nie indink hoe die Here van die here dit alles moet beleef nie.

Dit is ook net hier waar die saak van die sg. evolusie leer inkom.

In Rom. 1:22 lees ons oor hierdie mense wat God nie eer nie dat: "Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword."

Die volgende vers (23) spel die evolusie leer uit in al sy dwaasheid: "en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere."

Mense wat in evolusie glo, glo dat die mens stelselmatig, oor miljoene jare, afstam van al die bogenoemde soorte diere en voëls. Hulle glo bv. dat amfibieë verander het in reptiele (kruipende diere) en hulle weer in voels ens. Is die Woord van God nie verbasend wonderbaar dat alles selfs in die fynste detail daarin vervat is nie. God het die mens se dwaasheid lankal reeds verstaan.

Die Woord leer dat ons direk van God kom – dat ons na sy beeld geskape is en dat sy asem in die mens geblaas is, maar die evolusioniste verkondig dat ons van die dier afkomstig is.

Hulle maak van die diereryk en die natuur ‘n god – dit is ook wat die nuwe era mense glo.

Dit is nog nie die ergste nie. ‘Christene’ wat wil beweer dat die mens van diere afstam (van die sjimpansee of aap) sal dan ook moet erken dat Jesus Christus ook van so ‘n dier afstam. Dit is nou as hulle glo dat daar werklik n Christus in Israel gebore is. Baie teoloë stry mos nou al ‘n geruime tyd oor die maagdelike geboorte (wat volgens talle nie so was nie) en of die historiese Jesus werklik ‘n mens was of net ‘n mitologiese figuur.

Hierdie is ‘n skokkende ding om te sê en baie van hulle sal nooit so iets toegedig wil word nie, maar is dit nie presies wat hulle glo nie ?

Hulle glo nie in die Skeppergod van die Skrif nie en eer Hom ook nie as sodanig nie.

Dit is nou net hier waar een van die grootste euwels van die evolusie leer na vore kom. Dit is die saak van homoseksualisme.

In die volgende verse van Rom. 1 (verse 24-28) lees ons ondubbelsinnig waar God hierdie euwel aanspreek as ‘n direkte uitvloeisel van die evolusie leer. Die mens word nou soos ‘n dier en die ergste van alles is dat God self daardie mens oorgee aan "skandelike hartstogte" (vers 26) en "‘n slegte gesindheid" (vers 28). Dit is juis omdat hierdie mense God nie wil eer as die Skepper nie, maar terselfdertyd verafgod hulle eerder die skepping en die natuur.

Ons moet onthou dat hierdie mense nie sal kan sê dat hulle God of sy verordeninge nie geken het nie – hierdie kan dus teoloë insluit wat die leer van God bestudeer het, maar God nie wil eer nie.

In Rom. 1:32 lees ons van die finale spyker in hulle kis: "mense wat - al ken hulle die verordeninge van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien – die dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen."

Is dit nie presies wat vandag rondom ons in ‘Christelike’ kringe aan die gang is nie?

Hulle vergeet so gou die woorde van Heb. 11:3 dat: "die dinge wat gesien word [die skepping, dus ook mense], nie ontstaan het uit sienlike dinge [die skepping, dus ook ape] nie."

____________________________________

 

 

DIE ANTICHRIS

NUWE TESTAMENTIESE TIPES

VAN DIE ANTICHRIS

 

HERODES (die Grote): In Matt. 2:16 sien ons dat hy al die seuntjies van twee jaar oud en jonger om die lewe laat bring het. Hy wou die Messias wat kort tevore gebore is so om die lewe bring, omdat hy Hom as ‘n bedreiging vir sy koningskap gesien het. Hierdie koning (deur die Romeine as heerser aangestel) se Jodehaat was hier ooglopend. Die Antichris gaan ook uit die Romeinse Ryk (wat tans herleef) na vore kom en hy gaan ook die Jode swaar vervolg.

 

JUDAS: Hy was ‘n Jood soos die Antichris ook sal wees. Die volgende het ook met hom gebeur: "En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig." (Joh. 13:27). Die Satan sal ook die Antichris beset. Wat hy wil doen, sal hy ook haastig moet doen. Sy tyd is kort en afgemeet - net sewe jaar.

Judas het met gewapende soldate gekom om Jesus gevange te neem (Joh. 18:3). Die Antichris gaan met sy leërs kom om Jesus te vernietig met sy wederkoms (Op. 19:19). Weer sal dit tevergeefs wees.

 

SAULUS: Voor sy Damaskus ervaring en voor hy Paulus geword het. Hy was ook ‘n Jood. Hy het die volgelinge van Christus gevange laat neem en hulle om die lewe laat bring. Die Antichris gaan dieselfde doen.

 

HERODES (Agrippa I): In Hand. 12 lees ons van nog ‘n Herodes (die vorige een se kleinseun): "En op ‘n bepaalde dag het Herodes ‘n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek. Daarop het die volk hom toegeroep: ‘n Stem van ‘n god en nie van ‘n mens nie !" (Hand. 12:21,22). Dit is baie na aan wat die mense die Antichris gaan toeroep: "Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?" (Op.13:4). Die Antichris gaan ook in die tempel sit en voorgee dat hy God is (2 Thess. 2:4).

 

BUITE-BYBELSE TIPES VAN DIE ANTICHRIS

 

Deur die loop van die geskiedenis was daar verskeie duidelike voorbeelde van wêreldheersers wat sterk karaktertrekke van die eindtydse Bybelse Antichris gehad het. Ek noem net ‘n paar.

 

1. Alexander die Grote (Griekse heerser - Hy het die destydse wêreld feitlik totaal onder sy beheer gehad).

2. Antiochus Epiphanes (Soos vroeër genoem is).

3. Nero (Romeinse keiser).

4. Domitianus (Romeinse keiser).

5. Napoleon (Hy het planne gehad om al wat ‘n land is in te neem en hy was ook baie suksesvol tot op ‘n punt. Op ‘n sekere stadium het hy homself in Israel bevind en gesê dat die vallei van Megiddo die mees ideale plek op aarde is vir ‘n groot oorlog van al die nasies - Die Antichris gaan ook so dink).

6. Mussolini (Italiaanse diktator - Hy het geglo dat hy ‘The man of destiny’ was. Hy was oortuig dat hy die uitverkore een is om die Romeinse Ryk te laat herleef tot sy eertydse glorie.

7. Stalin (Russiese diktator).

8. Hitler (Duitse diktator - Hy wou ‘n duisendjarige vrederyk skep nadat hy al die ongewenste nasies uit die weg geruim het. Sal iemand ooit die Jode meer kan haat en vervolg as wat hy het? Ja, verseker, die Antichris sal - Sag. 13:8).

Dan was daar nog Julius Caesar (jare gelede), Mao Tse Tung van China (meer onlangs) en vele ander. Ek glo dat as ‘n mens al hierdie mense se swakste eienskappe bymekaar sou sit, sou jy na aan die finale Antichris kom. Hulle was egter self almal antichriste in eie reg. Hierdie was mense wat reeds geleef het.

 

Kom ons kyk nou kortliks na net ‘n paar duidelike Antichris-tipes in ons dag. Daar is egter ‘n groot klemverskuiwing by die hedendaagse antichriste. Hulle almal kom baie ‘vredeliewend’ voor. Dit is in der waarheid baie meer gevaarlik en moet geensins misinterpreteer word nie.

 

a) Die Dalai Lama: Die god-mens of god-koning van Tibet. Hy is ‘n uitgewekene uit sy land, maar miljoene aanbid hom dwarsoor die wêreld.

b) Sun Myung Moon: Leier en stigter van die ‘Moonies’. Hy beweer dat hy die Christus is wat sou kom. Sy aanhangers tel ook in die miljoene.

c) Sai Baba: Hy woon in Indië en word deur baie as ‘God’ beskou. Mense van oral oor die wêreld (ook hoogs-opgevoede Westerlinge) besoek hom in sy dorpie in Indië. Hy kan ‘wonderwerke’ doen en los blykbaar al wat ‘n probleem is op. Baie bly sommer vir maande daar en aanbid letterlik die grond waarop hy loop. Hy is werklik ‘n baie vreemde verskynsel.

d) Louis Farrakhan: Hy is die leier van die groep ‘Nation of Islam’ in Amerika. Vier jaar gelede het hierdie man die volgende verstommende woorde kwytgeraak:

" ... 75% of what you read in the Bible referring to Jesus is referring to a future man and 25% of what you read is referring to the man of 2 000 years ago ... the real question is : Who is Jesus? ... The historical Jesus was not the Messiah. The prophetic Jesus is the Messiah. The historical Jesus prefigured the Messiah and that’s why the Jews have never accepted the historical Jesus. They continue to look for the Messiah. They are not wrong. He was not born in Bethlehem of Judea. He was born in Sanderville, Georgia." [in die VSA - Farrakhan se geboorteplek]. Dan gaan hy voort: " ... I’m hanging on a cross right now. I’m on Calvary right now. And I’m ready to go all the way. Because I know that by my stripes everyone of you will be healed. You don’t have to look anywhere for Jesus. I represent him." (The Christian News, 9 Desember 1996).

Hoef ‘n mens meer te sê. Het God ons dan nie gewaarsku dat daar valse Christusse sal wees kort voor sy koms nie? (Matt. 24:23,24). As so ‘n persoon dan so glo, hoe maklik gaan die verskillende wêreldgodsdienste dan nie saam verenig om die ware Antichris te volg nie?

e) Lord Maitreya: Hierdie persoon is seker die vreemdste van alle valse Christusse van ons dag. As ‘n mens kyk na wat hy sê, sou jy vas glo dat hy die ware Antichris moet wees. Ons kan dit egter nie met sekerheid sê nie, maar dat hy baie na daaraan moet wees, kan ook nie betwyfel word nie.

Die volgende inligting is verkry uit verskeie uitgawes van die ‘New Age’ publikasie, Share International (1995/1996). Dit is baie insiggewend om daarop te let dat hierdie tydskrif geaffilieer is by die Departement van Openbare Inligting van die Verenigde Nasies. Die tydskrif verskaf ook nuus oor die verskillende afdelings van die Verenigde Nasies en oor die ‘positiewe verwikkelinge in die transformasie van ons wêreld.’

Een van die hoofredakteurs is Benjamin Creme, een van die grootste ‘New Age’ leiers in die wêreld en bekend in esoteriese kringe. Die ander hoofredakteur het die interessante naam van Peter Liefhebber - ‘n Hollander. Share International word ook uitgestuur na VN amptenare en top wêreldleiers.

In hierdie geskrifte word Lord Maitreya se oorsprong in detail uiteengesit. Hulle sê dat die tydlose ‘Wisdom Teachings’ vir die eerste keer in 1875 deur Helena Blavatsky aan die algemene publiek geopenbaar is. Sy het die Teosofiese Vereniging gestig (en was in der waarheid ‘n Satanis). Haar ‘kennis’ en ‘wysheid’ het sy op ‘n heel ander manier bekom - direk van sg. ‘Masters of Wisdom.’ Dit is d.m.v. spiritistiese mediums - m.a.w. van die duiwel en sy engele self. Een van haar boeke was Isis Unveiled, oor hierdie lid van die Egiptiese ‘drie-eenheid.’ Daarna, tussen 1919 en 1949, het ‘n Alice Baily, ook geïnspireer deur ‘n ‘Master’ (van Tibet), verskeie boeke wat deur hierdie medium vir haar gedikteer is, geskryf. Hierin het dit duidelik geword dat ‘n ‘World Teacher’ of ‘Christus’ teen die middel of einde van hierdie eeu sy verskyning sou maak. (Bailey se boeke is aanvanklik deur Lucifer Publishing Co. uitgegee. Die naam is later verander na Lucis Trust). In Januarie 1959 is Benjamin Creme deur ‘n medium gekontak en drie maande daarna deur Maitreya self. Sy hoofboodskap was dat hy oppad is en gou aan die mensdom sal verskyn.

 

Creme verduidelik dat Lord Maitreya in Julie 1977 sy sentrum in die Himalajas verlaat het en wel "like a thief in the night." In 1982 sowel as in 1987 het Creme se organisasie, die ‘Tara Center’, in Kalifornië, VSA, volblad advertensies in verskeie bekende internasionale koerante en tydskrifte geplaas met die opskrif: ‘THE CHRIST IS NOW HERE’. Die advertensie het uitgebrei en verduidelik dat hy die een is wat deur al die godsdienste van die wêreld verwag word: Die Christene verwag hom as Christus; die Jode as die Messias; die Hindoes as Krishna; die Buddiste as Maitreya Budda en die Moslems as die Imam Mahdi of Messias.

Hy het toe egter nie gekom en aan die wêreld verskyn nie. Is dit dalk omdat dit nog nie God se tyd vir hom was nie?

 

Volgens Benjamin Creme woon Maitreya tans in die Pakistans-Indiese deel van London en is blykbaar ‘n mens met alledaagse probleme. Hy word egter spesifiek deur hom ‘The World Teacher’ genoem. Die interessantste en betekenisvolste van hierdie Maitreya is dan juis sy meer onlangse ‘teachings’ of leringe wat hy deur Creme aan die wêreld oordra. Hy het onder meer die volgende gesê en voorspel:

 

1. ‘n Komende internasionale ineenstorting van die wêreld se effektebeurse, wat in Japan sal begin.

2. Hy wil die mensdom die kuns van selfaktualisering of selfontdekking leer. M.a.w. hoe wonderlik jy self eintlik is (Die sielkundige Maslow het dieselfde geleer). Die Woord van God leer presies die teenoorgestelde, nl. om te sterf aan jouself en jouself te verloën.

3. Hy sê die mens het ‘n universele reg op goeie kos, redelike behuising, gesondheidsorg en opvoeding. Klink dit nie bekend nie? Hy som dit op met die woorde: ‘Share and save the world.’ Al klink dit na liefde is dit eintlik niks anders as sosialisme (kommunisme) nie.

4. Hy sê: ‘Sonder om te deel kan daar geen geregtigheid wees nie; sonder geregtigheid kan daar geen vrede wees nie en sonder vrede kan daar geen toekoms wees nie.’ Hy sê die gaping tussen die rykes en armes in die wêreld is ‘die enkel grootste bedreiging vir wêreldvrede.’ Jesus Christus alleen is ons geregtigheid en Hy alleen kan ware vrede bring.

5. Hy sê mense gaan binnekort baie gesonder wees. Baie siektes gaan verdwyn. Die Woord en die feite sê anders.

6. ‘Die omgewing sal die nommer een saak in die wêreld word.’ Al gehoor van aarde-aanbidding?

7. Die samelewing gaan meer in globale terme begin dink en mense gaan al hoe nader aan mekaar kom. Hier kom die nuwe Toring van Babel!

Creme sê ook dat Maitreya ‘n instrumentele rol gespeel het en steeds speel in die oplossing van baie kritieke probleme wêreldwyd - selfs in die ‘oplossing’ van die Suid-Afrika kwessie. Hy het blykbaar ook ons vorige Staatspresident se vrylating lank terug al voorspel. Hy is dus ‘n vredemaker par excellence!

Die Share tydskrif lê ook baie klem op wonderwerke wat oral in die wêreld plaasvind, soos bv. ‘Jesus’ en ‘Maria’ verskynings. Hulle plaas gereeld artikels daaroor en sê dat die ‘tyd van die wonderwerke’ aangebreek het.

Maitreya verskyn dan ook blykbaar self aan groepe, individue en selfs aan bekende wêreldleiers (soms in drome). Interessant is dat as hy aan godsdienstiges verskyn, is dit gewoonlik aan Rooms-Katolieke en Ortodokse groepe.

Hy het ook gesê dat hy kruise van lig gaan maak wat oral sal verskyn en baie mense wêreldwyd het toe getuig dat hulle dit gesien het (soms teen geboue).

Die Woord van God het ons ernstig gewaarsku teen hierdie tipe misleiding (tekens en wonders) kort voor sy koms (Matt. 24:24; 2 Thess. 2:9; Op. 13:13,14).

Die heel interessantste is egter hierdie volgende gedeelte wat ek net so aanhaal:

 

‘DAY OF DECLARATION

"At the earliest possible moment, Maitreya will demonstrate His true identity. On the Day of Declaration, the international radio and television networks will be linked together, and Maitreya will be invited to speak to the world.

We will see His face on television, but each of us will hear His words telepathically in our own language as Maitreya simultaneously impresses the minds of all humanity. Even those who are not watching Him on television or listening to the radio will have this experience.

At the same time, hundreds of thousands of spontaneous healings will take place throughout the world. In this way we will know that this man is truly the World Teacher for all humanity."

Die Woord sê: "Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle sê: Kyk, ... Hy is in die binnekamer - moet dit nie glo nie." My vriend, glo jy nog steeds ‘n mens kan nie weet dat die wederkoms van die Here naby is nie ?

Die ware Christus sal wel soos volg verskyn en dit kan enige dag wees: "Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees." (Matt. 24 : 25-27).

 

Kyk ook na die volgende merkwaardige berigte:

 

‘MAITREYA VERSKYNING’

NAIROBI, KENYA - "About 6000 worshippers in Nairobi, Kenya, believe they saw Christ on 11 June 1988. The tall figure of a bare-footed, white-robed and bearded man appeared from nowhere and stood in the middle of the crowd, whom he addressed in clear unaccented Swahili. Many healings took place - twenty cripples walked again. He departed in as mysterious a manner as he appeared."

(Kenya Times, 22 Junie 1988).

 

‘ANOTHER MESSIANIC FIGURE IS PREDICTED’

NEW YORK - " ... the planet will soon hear from a figure called a World Teacher, whose personal name is Maitreya, chief among the Masters of Wisdom, themselves a handful of ‘perfected men’ who serve as guardians of a divine plan for Earth. ... I’m told that it’s any time,’ Creme said ... It’s imminent’ he said. ... Creme said he is kept informed of Maitreya’s plans largely through telepathic communication with another Master, whose name he declined to reveal. ... Asked the human sources of his inspiration, Creme said he was a student of the writings of Helena Blavatsky and Alice Bailey, whose books have had a profound influence on that diverse range of contemporary spiritual beliefs called New Age - a blend of elements of Eastern and Western mysticism and a strong dose of self-improvement thinking."

(New York Times, 20 Julie 1996).

Die Woord sê: "Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied," (Jes. 2:6).

Die ‘New Age’, Buddisme en Hindoeïsme is maar een en dieselfde godsdiens.

____________________________________

 

 

WOORD IN NUUS

 

 

EGYPT THREATENS SHOW OF ARMED FORCE TO AID ARAFAT

 

Sunday Times, 12 August 2001

"The threat of a wider Middle East conflict is growing as the Egyptian government considers sending its 3rd Armored Army into the Sinai peninsula if Israel moves into Palestinian territories. In recent weeks Egypt has come under increased pressure from the Palestinians to help them. The Sinai option was confirmed by a senior Egyptian security source, who said the Israelis had to be deterred from ‘destroying’ the Palestinian Authority and Yasser Arafat, its leader.

Under the terms of a 1979 peace agreement, Israel withdrew from the Sinai, which it had conquered in the six day war of 1967, while Egypt agreed not to keep substantial military forces there. Palestinian sources said that last month Arafat reminded Egypt's president, Hosni Mubarak, that the country had other obligations: as a signatory of the Arab League's defense treaty, it had a duty to give military support to any fellow member coming under attack. Arafat, the sources said, urged Mubarak to implement the treaty.

Israeli security sources say the possibility of Mubarak's intervention is now being factored into military planning. Any incursion into the Sinai would be viewed as a violation of the peace accord. Israel would send a substantial force to defend its southern border, raising the prospect of the first confrontation with Egypt since 1973…"

 

PALESTINIANS: INTIFADA WILL COME TO JERUSALEM

 

Jerusalem Post, 12 Augustus 2001

"The intifada leadership vowed yesterday to bring the Palestinian uprising to Jerusalem in response to Israel's takeover of Orient House and other Palestinian institutions in and around the capital in response to Thursday's suicide bombing which killed 15 and wounded 130. The announcement by the group representing Hamas, Islamic Jihad, and other rejectionist organizations followed a weekend of clashes between police and pro-Palestinian protesters outside Orient House.

In a swift move early Friday morning, police scaled the fence of the building and took it over without incident. They took down the Palestinian flag and a huge poster photo of the late Faisal Husseini, that was adorning the facade of the building, hoisting an Israeli flag in its place. The police raid caught eight Palestinians guards dozing. they were arrested on charges of possessing illegal weapons. They were brought Jerusalem Magistrate's Court late Friday, and seven of them were released on bail.

The IDF also closed down eight other Palestinian offices in and around east Jerusalem, including the Governor's House in Abu Dis.

Air force F-16s also fired missiles that destroyed Palestinian Police headquarters in Ramallah. No injuries were reported…"

 

SECRET BAGHDAD-DAMASCUS MILITARY PACT

 

DEBKAfile, 14 Augustus 2001

"Syria and Iraq have signed a secret military alliance. DEBKAfile ’s military sources report that the Syrian prime minister Mohammed Mustafa Miro ended his three day visit to Baghdad Monday by joining the Iraqi Deputy President Taha Yassin Ramadan in signing 10 accords. Those accords formalize and cement the secret military understandings operational between the two Arab countries for the past six months, which provide mutual assistance in a regional war against Israel.

DEBKAfile first exposed those understandings on December 3, 2000, the outcome of several months of negotiations between Presidents Saddam Hussein and Bashar Assad.

DEBKAfile now reveals that a week before the first visit to the Iraqi capital in two decades by a Syrian prime minister, a large, high-ranking Syrian military delegation arrived secretly in the Iraqi capital to draft the military pacts for signing…"

 

IDF TANKS ENTER HEART OF JENIN; HEAVY FIGHTING REPORTED

 

Ha’aretz, 14 Augustus 2001

"Israeli tanks entered into the heart of the Palestinian-ruled West Bank town of Jenin early on Tuesday and took over a building belonging to the town's governor, Palestinian witnesses and security officials said. They said heavy fighting accompanied the incursion into the centre of Jenin, a town handed over to Palestinian rule in 1995 under interim Israeli-Palestinian peace deals.

Palestinian security officials said armored bulldozers had destroyed two adjoining Palestinian police stations and soldiers had entered the Palestinian security headquarters in Jenin.

The buzz of helicopters overhead and the bright lights of flares exploding in the night sky frayed on the nerves of locals who feared an Israeli military retaliation for two suicide bombings carried out by residents of the Jenin area. In the streets of Jenin, Palestinians armed with loudspeakers called on residents with guns to prepare to confront Israeli soldiers if they invaded the town.

‘This is a declaration of war,’ Palestinian Information Minister Yasser Abed Rabbo told Reuters…"

 

HIZBULLAH: DAY FOR JOINING BATTLE AGAINST ISRAEL NEARS

 

Jerusalem Post, 13 Augustus 2001

"The leader of Hizbullah called on his guerrillas Saturday to be fully prepared, saying the day for joining the battle with the Palestinians against Israel is drawing closer.

Addressing the Palestinians, Nasrallah said in a speech in southern Lebanon, ‘When you consecrate the equation of martyrdom and Jihad operations, thus prolonging the battle of attrition against this enemy (Israel), this matter makes you closer to achieving victory.’

‘When the answer to shedding Palestinian blood is (shedding) Israeli blood, by doing this, you are safeguarding your own blood, our men, women and children,’ he added…"

 

SHARON VOWS TO KEEP HIS GRIP ON JERUSALEM

 

The Times, 13 Augustus 2001

"Ariel Sharon, the Israeli Prime Minister, vowed yesterday that he would never allow the Palestinian Authority to re-establish itself in Jerusalem and declared that key properties seized by Israeli forces in the Arab half of the city would remain under Israeli control indefinitely.

In Jerusalem, Israeli troops seized the Palestinian telecommunications offices, adding to a list of ten official buildings now under their control. Mr. Sharon said that he had ordered the operation to hit the Palestinians ‘in their soft underbelly’. ‘(Yassir) Arafat (the Palestinian leader) needs to understand one simple thing: he is now dealing with a different type of people from those that he is used to encountering on our side,’ he told the Hebrew daily Yedioth Ahronoth, after he ordered the operation in retaliation for the killing of 15 people by a Palestinian suicide bomber on Thursday. ‘The offices in Orient House will not open again. Ever. We will not leave Abu Dis (an administrative area on the outskirts of Jerusalem). That is not an act from which one can step back.’

 

JORDAN READY TO TRAIN KUWAITI MILITARY

 

Middle East Newsline, 25 Augustus 2001

"Jordan is preparing to launch training of Kuwait's military. Gulf defense sources said this will be the first time that the Hashemite kingdom embarks on such training since the 1991 Gulf war. For nearly a decade, Kuwait has boycotted Jordan, accusing it of siding with the Iraqi invasion and occupation of the sheikdom.

The training agreement between Jordan and Kuwait renews military cooperation between the two countries that was said to have been extensive until 1990. Many of Kuwait's senior officers were graduated from Jordanian military colleges. The first group of Kuwaiti officers is expected to arrive for training in Jordan in the fall, the sources said. The Kuwaiti Al Rai Al Aam daily said a Jordanian military delegation is currently visiting the sheikdom to plan the training. Earlier this year, military cooperation was launched between the two countries during a visit by Jordanian Chief of Staff Lt. Gen. Mohammed Malkawi to the sheikdom…"

 

ARAFAT CAMPAIGNS FOR SUPPORT IN CHINA, SOUTHERN ASIA

 

Jerusalem Post, 23 Augustus 2001

"Palestinian Authority Chairman Yasser Arafat is making a quick tour of India, Pakistan and China on today, seeking international support against what he called increased aggression by Israel. ‘I have come here to make consultations with friends, how to carry on in the international field, especially in the United Nations and the Security Council,’ Arafat said last night, as he reached New Delhi. ‘We are facing more aggression, ... violence against our people. We need the help of Indian leadership,’ he said…"

 

IRAQ: EXPEL THE SONS OF APES AND PIGS FROM PALESTINE

 

Jerusalem Post, 22 Augustus 2001

"Islamic clerics participating in an international conference have urged support for a holy war against Israel. About 350 Islamic clerics from 15 countries - including Canada, France, Germany and Russia - have come to Baghdad for state-hosted talks on ways to support the Palestinian uprising that has raged for nearly 11 months.

In the opening session Monday, the deputy chairman of Iraq's Revolutionary Command Council, Izzat Ibrahim, said Arab and Islamic states should ‘expel the sons of apes and pigs from the holy places of Palestine.’ Iraqi President Saddam Hussein has long called for holy war against Jews in Israel…"

 

GERMANY STEPS ONTO THE WORLD STAGE WITH FISCHER MISSION TO MIDDLE EAST

 

Agency France-Presse, 22 Augustus 2001

"With Foreign Minister Joschka Fischer's mission to the Middle East, Germany appears to have assumed the role of a great diplomatic power on the world stage more than at any time since its reunification nearly 11 years ago. Ahead of his three-day visit to the Middle East, Fischer insisted that Germany cannot take on the role of mediator between Israel and the Palestinians, and can only act in concert with its partners and allies.

Two days into the trip, however, the German role appears to have become exactly one of mediation. Almost in spite of itself, the Berlin government finds itself in a special position as regards the Middle East conflict. With the United States taking a back-seat role in the Middle East since President George W. Bush took office, the way has been made clearer -- as well as riper -- for a more pronounced European Union role in the region. As a heavyweight within the 15-nation bloc, Germany is well-placed to take the lead…"

 

SCIENTIST TO PROCEED WITH HUMAN CLONING EFFORTS IN NEXT 2 MONTHS

 

Agency France-Presse, 20 Augustus 2001

"A researcher engaged in a controversial effort to clone humans said Sunday his team could produce cloned human embryos within the next two months. ‘The production of human cloned embryos can go ahead within the next 60 days, and implantation will of course come later, after we verify that the quality of those embryos is viable enough to yield a healthy pregnancy,’ Panos Zavos said on CBS' ‘Face the Nation.’…"

 

 SYRIA RENEWS DISCUSSIONS OVER RUSSIA'S S-300

 

Middle East Newsline, 17 Augustus 2001

"Syria has renewed discussions with Moscow over the purchase of Russia's S-300 air and missile defense system. The London-based Al Hayat daily said on Thursday that the discussions are taking place this week on the sidelines of the Moscow air show, entitled MAKS-2001. …

Syria is an old friend and we deal with it and intend to continue to deal with it,’ Andrei Vladinov, a Russian defense industry, official told the newspaper. The S-300 has long been on Syria's shopping list. The advanced versions of the system has a radar that can track targets at a range of up to 300 kilometers. The system was developed to track and destroy aircraft. But Russian officials said the advanced version of the S-300, also known as the SA-12, can intercept enemy ballistic missiles. They said this capability is superior to that of the U.S. Patriot systems. … Russian defense officials, however, said Moscow is continuing efforts to sell the S-300 to such prospective clients as Egypt and Iran. The newspaper said Israel is concerned that the S-300 radar will be able to cover large areas of Israel's air space. This could affect military air traffic in northern and central Israel…"

____________________________________

 

DIE EWIGE LEWE !

 

Daar is slegs EEN manier om hierdie unieke lewe te verkry. Dit is verder definitief gratis, maar geensins maklik nie. Dit word ook slegs bekom deur genade, maar is beslis nie goedkoop nie. Dit hang alles af waar jy ingegaan het, want die Skrif sê: "Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind." (Matt. 7:13,14).

Daarom "stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie." (Luk. 13:24).

Jesus Christus het egter ook gesê: "Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word," (Joh. 10:9).

"In Hom [Christus] het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade," Efes. 1:7

Natuurlik moet ons eers ons sonde erken en bely en dan kom die groot vergifnis net soos ons ook ander vergewe.

Die Woord maak dit baie eenvoudig: "As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;" (Rom. 10:9). Wat dan is die ewige lewe? Jesus het tot sy Vader in die hemel gebid en gesê: "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het." (Joh. 17:3).

Ken jy hierdie God? Ons kan Hom ken deur sy Woord. Dit is die ewige lewe. Hierdie lewe is skaarser as diamante. Dit is meer kosbaar as fyngoud. Dit kos niks om te verkry nie, maar tog kos dit alles. Dit is ‘n nuwe lewe. ‘n Nuwe begin. Die ewigheid saam met God en sy Christus is die beloning. Niks op hierdie aarde kan daarmee vergelyk word nie, maar jy kan dit net verkry terwyl jy nog op hierdie aarde is.

Vandag is die dag om hierdie lewe te soek!

________________________________________

 

Die standaard Afrikaanse vertaling (1933/1953) en die Engelse King James Bybel word gebruik. Ek wil jou aanmoedig om net hierdie vertalings te gebruik. Bestudeer asseblief alle teksverwysings biddend en moet niks as vanselfsprekend aanvaar nie.

 

Eindtyd Bulletin Subskripsie:

R40 vir 8 uitgawes of R20 vir 4 uitgawes

 

BOEK IS BESKIKBAAR

TYD VAN DIE EINDE is ‘n boek met meer as 400 bladsye en handel oor die verstommende wyse waarop die Bybel tans in vervulling gaan.

Die boek kan bestel word teen R90 per kopie plus R20 posgeld - dus @ R110 elk.

Die bedrag kan ook in die rekening gedeponeer word.

 

Eindtyd Bulletin

Posbus 13395

Noordstad

Bloemfontein

9305

 

(Geskryf en saamgestel deur

D.J. ERASMUS).